Tuisblad

WELKOM! by die Afrikaanse Kerk Australië, Gold Coast Gemeente.

Die Afrikaanse Kerk Australië, Gold Coast, Queensland, Australië nooi alle Suid-Afrikaners (Afrikaans-sprekendes in die besonder) om saam met ons te kom “kerk” waar ons ook, onder andere, rustig en gemaklik kan luister na die verkondiging van die Evangelie van God se genade (Hd 20:24) tussen ons eie mense en dit nog in ons moedertaal ook!

Kom besin saam … en neem deel, soos die Here lei. Ons gebruik die heerlike, gerieflike, sagte-sitplek, lugverkoelde, goeie-klank, fasiliteite van die Robina Community Centre, San Antonio Court, Robina, Gold Coast, Australië.

Eredienste: Sondagoggende 9vm. Kom dien die Here saam met ons waar jy tuis gaan voel. Ons kom ook bymekaar vir koffie elke Sondag na kerk.

Die boodskappe word na elke Sondag opgelaai as ‘n podcast en kan na geluister word met die volgende link.

https://anchor.fm/marlene-lategan/episodes/Johan-Deysel-20-Feb-2022-e1em9iv